Dis lente en die bottende bome en helder blommekleure tel sommer ‘n mens se gemoed op. Vir heelwat kinders en hulle ouers is dit egter ook die tyd van die jaar wat hulle met ‘n swaar gemoed sit omdat dit ook die tyd is wat hulle in kennis gestel word van skoolwerk wat nie op standaard is nie. Hulle loop dus met ‘n swaard oor hulle koppe dat hulle dalk die graad sal moet herhaal of selfs na ‘n remediërende klas of -skool oorgeplaas gaan word. Baie keer gaan dit ook gepaard met ‘n etiketering van die kind – so asof die kind se selfbeeld nie al genoeg afgetakel is deur haar/sy gesukkel nie.
Life is a blur for iPad kids article in times. Download and view here: mindmoves artikel KIND EN NABYPUNT SPANNING