was successfully added to your cart.

[Afrikaans] TEGNOLOGIE: JOU KIND SE REDDING OF ONDERGANG?

By February 20, 2024Academic Publications

Ons leef in ’n tegnologiese eeu en kinders moet met al die ontwikkelings byhou. Maar maak baie seker jy bestuur die gebruik van al die skerms reg, anders kan jou kind op ander vlakke in die hek duik.

Die twee- of driejarige op haar ma se skoot by die tafel langsaan huil droewig. Die ma sug, neem haar slimfoon by die ouer sussie en druk dit in die kleintjie se handjies. Sy stop in die middel van ’n hartverskeurende snik. Ek kyk verstom hoe sy behendig oor die skerm vee en druk om by haar speletjie uit te kom. Tye het verander en hedendaagse kinders se tegnologiese verwysingsraamwerk verskil hemelsbreed van dié van kinders van selfs ’n dekade gelede. Prof. Jannie Ferreira, voormalige hoof van die departement optometrie aan die Universiteit van Johannesburg, noem dié kinders die Z-generasie: kinders wat ná 2000 gebore is en heel gepas die tegnologieboorlinge genoem word.

TEGNOLOGIE: JOU KIND SE REDDING OF ONDERGANG?. Download and view here: rooi rose artikel kind en tegnologie

Leave a Reply