Hierdie onderwerp het onlangs baie aandag getrek in die media en almal wil weet of dit n goeie of n slegte ding is om my kind aan hierdie tegnologie bloot te stel. In die VSA is daar selfs kenners wat ’n algehele verbod op die gebruik van tegnologie by kinders onder die ouderdom van 12 jaar bepleit omdat hulle voel dit benadeel die breinontwikkeling by die jong kind. Ek is egter van mening dat dít is ’n onhaalbare doelwit is en een wat nie die nuwe geslag van kinders – ook bekend as generasie Z – ’n guns sal betoon nie.
Daar is geen manier wat jy hulle van tegnologie af gaan weghou nie. Die uitdaging is gewoon hoe hanteer ’n mens dit? Hierdie kinders is digitale boorlinge. Hulle is digitaal gedrewe, hulle doen meer as een ding op ’n slag, hul aandagspan is kort en alles moet onmiddellik gebeur. Dit nie die gebruik van rekenaars, tablette en selfone per sy wat wat die probleme skep nie maar eerder die oormatige en onoordeelkundige gebruik daarvan wat aanleiding gee tot n wye reeks van ander probleme of frustrasies.
TEGNOLOGIE EN DIE HEDENDAAGSE KIND .Download and view here: TEGNOLOGIE EN DIE HEDENDAAGSE KIND