Ouers en onderwysers vind baat by unieke werkswinkel
Daar is veral klem gelê op kleuterskole en die belangrikheid van ontwikkeling wat by ‘n kind plaasvind, veral deur middel van speel.
MBOMBELA – Mind Moves Institutes (MMI) se eerste Voorwaarts met Passie-werkswinkel het Saterdag plaasgevind. Die doel, volgens Elmarie Swanepoel, was om ouers en onderwysers oor kinderontwikkeling in te lig en hoe om die nuwe generasie effektief te kan onderrig.